Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy 'n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is. Hy het net enkele dae om sy broer te probeer opspoor voordat hy moet terugvlieg Nieu-Seeland toe vir sy dogter se troue.