|
Paul C. Venter het sy loopbaan as joernalis begin. Dit het hom die geleentheid gegee om Afrika, Europa en die Verre Ooste te leer ken. Hy was ook 'n jaar lank verhaleredakteur van Die Brandwag. In sy eie tyd het hy draaiboeke vir films, fotoboeke, kleuterboeke, jeugboeke, feitelike boeke en storieboeke geskryf.
Paul het die draaiboek vir die heel eerste Afrikaanse dramareeks, Keertyd, geskryf. Sy deurbraak was met die drie gewilde Arende-reekse. Uiteindelik het Paul 25 jaar van sy lewe aan televisiedrama gewy. Hy het verskeie toekennings daarvoor ontvang, in 'n stadium self vervaardiger en regisseur geword, en van sy reekse is in die buiteland verkoop. Paul het die verhaal van die gewilde Arende-karakter, Sloet Steenkamp, voortgesit in Die rebellie van Sloet Steenkamp (2009) en Sloet alleen (2011). Sloet in die storm voltooi die reeks.
***
Paul C. Venter began his career as a journalist. This gave him the opportunity to get to know Africa, Europe, and the Far East. In his spare time, he wrote screenplays for films, photobooks, children's books, young adult books, factual books, and storybooks.
Paul wrote the screenplay for the very first Afrikaans drama series on television. His breakthrough came with the popular and award-winning Arende television series, set during the Anglo-Boer War. Ultimately, Paul dedicated 25 years of his life to television series. He received several awards for his work, at one point becoming a producer and director himself, and some of his series were sold abroad. Paul continued the story of the popular Arende character Sloet Steenkamp in the novels Die rebellie van Sloet Steenkamp (2009) and Sloet alleen (2011). Sloet in die storm completes the series.
|