Die kunstenaar Marieke Marais gebruik 'n koffietafelboek waaraan sy werk as verskoning om te vlug van haar manupilerende eksverloofde. Sy gaan bly in afsondering in 'n berghuis om haar opdrag te voltooi.
Rina Cilliers woon saam met haar eggenoot op Hartenbos, sogenaamd afgetree. Sy was bevoorreg om voltyds ma (van vier kinders) en tuisteskepper te wees, het al vele kere in haar lewe op verskeie plekke gebly, maar hulle kinders het hoofsaaklik skole en universiteit in Pretoria bygewoon, waar hulle vir 25 jaar gebly het, en daarna Kaap toe en toe Greyton toe wat die punt van haar hart was. Buiten ma en vrou wees, is haar lewe interessant, kreatief en bowenal, positief; dis in hierdie gees wat hulle 'n hegte familie gevorm het.