Celeste is die jongste kind en voel haar familie onderskat haar. Toe sy hoor van 'n pos by 'n seunskoshuis op die kleinhoewe Hemel-op-aarde wat dringend gevul moet word, gryp sy die geleentheid aan.
Salma Swanepoel se wortels strek van die Wes-Kaap tot die Vry-staat. Tans woon sy naby die see saam met haar man, kinders en troeteldiere. Salma hoop om verhale te skryf wat lesers heerlik laat ontspan.