Lemmer Bosman, 'n gewese Spes Ops-man, vind ná sy opdrag in Gaborone uit sy opdraggewers het eintlik bedoel hy moes ook sterf. Aan sy kant is net een vrouespeurder en een joernalis.
Peet Venter is gebore in Krugersdorp in 1940, geskool op Louis Trichardt en matrikuleer by Hoërskool Wonderboom in 1958. Daarna studeer hy BMus en BSc voor hy verdere tegniese opleiding in Landbou Ingenieurswese ontvang. Hy trou in 1967 en kry twee kinders terwyl hy as ontwerptegnikus in Pretoria werk vanaf 1971 tot sy aftrede in 2005. Peet bly in die Dinokeng-bewarea, waar hy skryf, verf en homself met plaaswerk besig hou.