Daar's 'n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . ._x000D_
_x000D_
In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, 'n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur 'n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers._x000D_
_x000D_
Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is 'n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het 'n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge?_x000D_
_x000D_
Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy's klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met 'n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie - een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy't self nie 'n silwerskoon verlede nie . . ._x000D_
_x000D_
Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman - posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad?_x000D_
_x000D_
Slagyster is 'n debuut-spanningsverhaal deur 'n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.