|
Chris Karsten is 'n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat deesdae in Kanada woon. Hy is veral bekend vir die Abel-trilogie. Die dood van 'n goeie vrou is 'n opvolg op Die verdwyning van Billy Katz, die eerste in sy nuwe Ella Neser-reeks. Dié roman is benoem vir die ATKV-prys vir die beste roman sowel as die beste spanningsroman in 2015.
|